Tuesday, May 31, 2011


'n Gesin sit een aand aan vir aandete.  Tydens die ete vra die peuter van 'n seun vir sy pa:  "Pa, hoeveel soorte borste is daar by vrouens?"
Die pa is nogal onkant betrap deur die vraag, maar besluit om tog te antwoord.
'Wel, my seun, 'n vrou gaan deur 3 stadiums.  In haar 20s is 'n vrou se borste soos suurlemoentjies, rond en ferm.'
Sy seun frons 'n bietjie, maar gou kry sy verbeelding die dinge bymekaar.
'In haar 30s en 40s is hulle soos pere:  steeds baie mooi, maar hulle hang so bietjie na onder.'
Die seuntjie wil-wil glimlag, maar hy hou sy mond reguit en vermy oogkontak met sy ma en susters.
Sy pa gaan voort:  'En na 50 is hulle soos uie.'
'Uie?'  vra die kind.
'Ja, hulle maak jou huil as jy hulle sien.'

Uiteraard is sy vrou en dogters baie ontsteld hieroor.  Die oudste dogter wil haar pa terugkry en vra haar ma:
'Ma, hoeveel soorte ietermagoggies het mans?'
Die ma snap dadelik wat die dogter wil doen.  Sy glimlag en antwoord:
'Wel my kind, 'n man gaan ook deur 3 stadiums. 
In sy 20s is sy ietermagoggies soos 'n eikeboom, magtig en hard.
In sy 30s en 40s is dit 'n bietjie soos 'n wilgerboom:  buigsaam maar tog betroubaar.'
Die oudste dogter se tande is al sigbaar soos die glimlag begin deurbreek.
'Maar in sy 50s is dit soos 'n Kersboom.'
''n Kersboom?'
'Ja, dood van die wortels af op en die balletjies is net vir blote versiering.'