Monday, February 28, 2011

Vir 'n lang tyd kom Koos nie in die bar nie en almal wonder wat het van Koos geword.
Eendag stap hy daar in en Naas, die barman, vra vir hom, nou waar hy al hierdie tyd was?
Nee sê hy, hy het logika gaan studeer.
Logika?  Vra Naas. Nou hoe werk dit?
Nee, dis maklik sê Koos.  Het jy 'n vistenk?
Ja, sê Naas.
Nou-ja, as jy 'n vistenk het is jy mos lief vir diere.
As jy lief is vir diere is jy lief vir mense.
As jy lief is vir mense is jy mos lief vir vrouens.
Dan trou jy mos en dan het jy mos kinders.
Ja?  Vra Naas.
Sien, dit is mos logika, sê Koos.  Hy drink sy dop en loop.
Hier kom Piet en Naas vertel vir hom dat Koos weer daar was en dat hy logika gaan studeer het.
Wat is dit? Vra Piet.
Man, laat ek dit nou so vir jou verduidelik:
Het jy 'n vistenk?
Nee!!
Maar dan is jy mos 'n moffie?

Friday, February 25, 2011

Hierdie is die tipiese reaksie wat StokStyf by die gewone publiek uitlok!

Riding the ANACONDA

I am a father. So, sometimes i need to do stuff that fathers do. In the old days, it was marbles and tolle and ketties. Things have changed.

So, two weeks ago, the fucking bright sparks over the road here, whispered the words "GOLD REEF CITY" into my laaities ears, and what can you do? You go to GRC.

Ok,so i checked the website...nananana, looks like piss, hier en daar ‘n fokken ride or two, and i wanted to go down the mine. So ek trek my plakkies aan, kam my hare, and off we go.

We got there early. Ek kap manhaftig twee worsbroodjies weg, en ‘n halfliter melk, and followed my son to the first ride...called Runaway Train.

We get on, and i thought these things were for kids and stuff, and off it went. I did not like it. It was going sideways and shit, and i was queasy when i got off.

What bothered me though was the sound coming from behind me somewhere. Dit klink soos n fokken Boeing wat land. And then i saw it. Big signwriting... ANAFOKKENCONDA.

I had to keep face, I wear the pants in this family. Ek maak my arms bak, en ek loop fier en regop teen die dekplank op. Ek gaan die donner ry, what can go wrong?

There was a queue and the fuck up with that is, you can see what the thing does to people.

When it came in the second time, and a young student dude, met spiere waar ek voue het, got out, and kots oor die reôling, toe weet ek, my kak is uitgeknip vir my.

Then it was our turn. Jono chickened out, BUT my wife was checking me out. This is where you have to be nonchalant, and manly. I kept my chin up, en my hol toegeknyp.

You get into this thing, and you hang. The safety bar didn’t want to go over my hoenderborsie, so I pulled a Ville Valo, and made myself thin, and hooked a clip too close.... I think.

KLANG KLANG KLANG KLANG....en kom ons fok nie rond nie....skielik is ek so bang dat ek n bliksemse nieraanval kry.....

Dan draai die etterse ding en dan......P@3S HY NA BENEDE....MET DIE SPOED VAN DIE HEILIGE FOKKEN WIT ELAND.

I shit you not, forget any car, bike, plane or whatever the fuck you measure your manliness by....it accelerated like nothing i have ever felt. But if this wasn’t enough, gaan donner die ding onderstebo met jou. I feel the worsrolletjie. No wait, I feel the texture of the worsrolletjie, every fucking fiber of the worsrolletjie.

Kêrels, we came out that first loop met die spoed van fokken wit lig. I wanted it to stop. I haven’t prayed in 22 years.... I did then. We leveled out, and then it hit the second loop. Shorter radius than the first. Ons fok daardeur, en ek verloor my plakkie. Onderstebo, and then around 2 flat corners wa ek 10 jaar ouer word, and then.... the fucking thing corkscrewed. Klits daai fokken broodjie en die melk laat dit lyk soos daai kak wat jy oor bobotie gooi, and another, en fok dit, toe skree ek soos ‘n Namibiese vlakte vlermuis wat se sonar gekak het.

And into the station at 200kmh, and just for shits and giggles, they stop it in 10m flat.

I just sat there. Stunned, and my wife is oooh and aaaahing, en let’s-go-again.... sy moet haar jags hou.

It fucked my whole day up.

Gatiep, die engel en die hoendertjie

Gatiep soen soos gewoonlik vir Meraai goeienag voordat hy omdraai en binne 5 minute aan die slaap raak. Na 'n uur of twee skrik hy skielik helder wakker en sien 'n ou man langs sy kant van die bed staan, wit kleed en al. Meraai se lover? Hy kyk oor sy skouer maar dis pikdonker.

"Hey, wie's jy? Wat soek jy in my kamer?"

"Dis nie jou kamer nie, Gatiep, ek en jy is in die hemel."

"Waaat? Wil djy vir my kom vertel ek is dood Jy moet djou kop laat lees, ek is nog te jonk om te dood, ek wil dadelik teruggaan, NOU!"

"Dissie ..... ek meen, dis nie so maklik nie, sê die witgeklede engel, al die vacancies ........ ag shit, ek meen, jy kan net teruggaan aarde toe as 'n hond of 'n hoenderhen. wat sal dit wees?"

Gatiep oorweeg die saak so 'n bietjie, hoenderhen of hond? 'n Hoenderhen klink beter, hy het tog nie krag om rond te hardloop en vir al wat kar is te blaf en saans te wag vir sy bak kos nie, dan liewer 'n hoenderhen wat heeldag niks doen nie.  Beter as niks, dan is hy darem terug op die aarde.

"Okei, ek wil 'n hoender wees", en woeps, is hy in 'n hoenderhok iewers in die Vrystaat, so 'n mooi rooibruin hoendertjie, maar mense, sy gat brand soos vuur! Die haan kom kennis maak en sê "Haai, jy is mos die nuwe hoendertjie, die ou wat van die hemel af teruggekom het, hoe laaik jy om 'n hoender te wees?"

"Ag, dissie so bad nie, beter as om dood te wees." sê Gatiep, "maar ek voel ek gaan ontplof."

"Jy moet 'n eier lê, dan is alles oor, kekkel net twee keer en dan druk jy dat dit bars."

Gatiep maak toe soos die haan sê, kekkel twee keer en druk, en wraggies, plop, daar lê 'n eier op die grond. Dis so lekker dat hy dit sommer weer 'n keer doen. Die derde keer toe stamp iemand hom dat hy so trek en hy hoor Meraai skree: "Gatiep, word wakker, jy skyt die hele bed vol!"

Alweer Koos

Koos is besig om liefde te maak toe die girl 'n epileptiese aanval kry.
Koos jaag met haar na dokter wat vra wat's fout?
Koos: “Ek dink haar orgasme haak vas.”


Thursday, February 24, 2011

Hermanus

 

Een vir Farmer


Phillemon se dinge

Op 'n dag stuur die boer vir ou Phillemon uit om die kragdrade op sy plaas te gaan inspekteer.
Die boer sê hy moet so met die pale langs loop en kyk of alles reg is.

Die boer gee toe vir hom 'n cellphone en se hy moet net bel as hy êrens  'n
probleem kry.

So gaat ou Phillemon in die pad af op pad na die lyne. Nie lank nie lui
die boer se cellphone...

Boer antwoord: "Ja Phillemon?"

Phillemon: "Baas, Baas! Groot Kak!"

Boer: "Wat's Fout?"

Phillemon: "Die storie hy's so baas, ek lop nog so toe kom daar die  groot
lau uit die bos en hy jag my. Ek klim toe by die eerste paal op, en nou
hy sit en wag vir my daar onder!"

Boer: " Lau Phillemon? Wat vir 'n ding is 'n lau?"
Phillemon: "Die Lau baas, Die Lau!"

Boer: "Ja, maar wat is die Lau???"

Phillemon: "Die Lau baas, die lau met die hare en die tande baas!"
Boer krap bietjie kop, nie heeltemal seker waaroor ou Phillemon so aan
die gang is nie.


Boer: "Phillemon, luister nou vir my, kyk af en dan verduidelik jy vir  my
hoe lyk die lau."

Phillemon, na so 'n rukkie: "Baas, die lau hy lyk fokkin hongor!"

'n Kleinhuisie vol foute

Eendag sit Oupa op die stoep toe Ouma van die kombuis af skree: 'Oupa, daar is fout met die kleinhuisie!'
(In daardie tyd was dit mos die buitetoilet of longdrop.)
Oupa sê: 'Daar is niks fout met die kleinhuisie nie.'
Maar Ouma sê: 'Daar is. Gaan kyk.'
Nou, in daardie tyd was die man veral baie bang vir sy vrou gewees, so oupa staan maar op en brom-brom al na die kleinhuisie toe.
Hy kom daar aan en sê: 'Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie.'
Ouma sê: 'Daar is. Gaan in,' en Oupa gaan toe maar in.
Toe hy binne is kyk hy rond, maar sien niks verkeerd nie en sê: 'Ouma, ek is in die kleinhuisie. Daar is niks verkeerd nie.'
Ouma sê: 'Daar is. Steek jou kop in die gat in..'
Oupa sê: 'Ouma, ek gaan nie my kop in die gat insteek nie.'
Dis daardie tyd wat Ouma haar stem redelik dik maak en sê: 'Oupa, steek nou jou kop in die gat in' en arme Oupa doen dit nou maar so.. Nou is Oupa se kop redelik in die longdrop in om te kyk wat fout is.
Oupa skree toe: 'Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie!'
Ouma sê: 'Trek jou kop uit' en oupa trek toe sy kop uit, maar toe haak sy baard in die gleuwe van die gekraakte houtplanke vas en hy gil verskrik: 'Ouma, kom help!
My baard sit vas!' waarop Ouma antwoord:

'Dis fokken seer, né!!!'

Wednesday, February 23, 2011

Ag nee, is dit al wat oorgebly het?

Die pasgetroude paartjie het so pas hulle eerste nag van passie agter die rug, maar omdat sy maar skamerig is, het dit alles in die pikdonker geskied.

Die volgende oggend gaan hy stort, maar toe hy klaar is, merk hy dat daar g'n handdoek byderhand is nie en roep dus sy bruidjie om vir hom een badkamer toe te bring. Toe sy die badkamer binnekom, sien sy vir die eerste keer haar bruidegom in al sy naakte glorie. "n wat se ding is DIT?" vra sy.

"My skattebol, hoe vra jy dan nou so? Jy het dit dan gisternag so geniet?"

"O," sê sy, "is dit dan al wat na gisteraand daarvan oorgebly het?"

 

Opsoek na 'n ryding

Ou Oom Frik is 'n groot Ford aanhanger en wil 'n klein motortjie koop.

Hy lees in die koerant: Escort Agency - en skakel sommer dadelik die nommer.

"Dagsê Dame.  Het julle enige Escorts en hoeveel kos hulle?"

"Ja meneer ons het.  Hulle wissel tussen R200 en R250."

"DONNER, my meisie.  Wie het hulle so in hulle moer gery?"

Een vir die girls...

Ons besef dat daar heelwat girls is wat hier op Stokstyf kom kuier.

Ek wou nou die eerbare ding doen en so ‘n bietjie vir julle girls ook cater, as dit kom by foto’s van sexy hunks etc.

Maar die hormone het oorhand gekry en hierdie drie hotties het gewen! Miskien volgende keer dames. :-D

 

Gay toets...

As ek moet uitbrei op die gay toets, dan het hierdie ou daai toets met vlieënde vaandels gedop!

Ek ken so ‘n paar stupid assholes wat eerder sal sit en sport kyk voor hulle dit enigsins sal oorweeg om eerder self ‘n bietjie sports te hê!

Tuesday, February 22, 2011

Ou skool pelle

Die twee ou skool pelle, Piet en Koos, loop mekaar raak na twintig jaar.
"Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy met jou lewe gedoen na skool?" vra Koos. 
"Nee," sê Piet, "ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs behaal. Daar het ek toe ook my vrou ontmoet. Sy skryf gedigte en prosa en het 'n Meestersgraad in Letterkunde. My seun is 'n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap.... Julle moet een aand oorkom dan hou ons 'n kultuur-aand. En wat het jy met jou lewe gedoen, Koos?" 
"Nee," sê Koos, "ek was mos al op skool al 'n bietjie bakleierig en het toe na skool maar 'n bokser geword. Daar het ek ook my vrou ontmoet, die dogter van 'n promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar black belt gekry voor ons eerste kind. Ons seun het onlangs sy nasionale kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo.... Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle."

Kyk nou hierdie stupid bliksems...

 

Egte Kaapse humor

Juffrou vra vir Gatiep om sinne te maak met "gewig" en "massa". 

Gatiep se antwoord: My pa sê vir my ma, "Djy moet gewig veloer djou vetgat".

My ma antwoord, "Djou massa moer!"

 

Dit wys jou maar net ....

drank verrig wonders!!!!

Monday, February 21, 2011

Drank Maak Dit Onmoontlik Om Sekere Goed Te Sê!

Dinge wat MOEILIK is om te sê wanneer jy dronk is
1. Innoverend
2. Preliminêr
3. Verspreiding
4. Kaneelsuiker

Dinge wat BAIE MOEILIK is om te sê wanneer jy dronk is
1. Spesifiseer
2. Anti-konstitusionalisties
3. Passief-agressiewe afwyking
4. Transubstansieer

Dinge wat ONMOONTLIK is om te sê wanneer jy dronk is
1. Nee dankie, ek is getroud.
2. Nee, niks meer vir my om te drink nie.
3. Jammer, jy is nie my tipe nie.
4. ‘n Hamburger?? Nee dankie, ek is nie honger nie.
5. Goeienaand offisier, heerlike aand né?
6. O nee, ek kan nie. Niemand wil my hoor karaoke nie.
7. Ek stel nie belang om met jou te baklei nie.
8. Dankie, maar ek wil nie dans nie. Ek het nie ko-ordinasie nie en wil nie soos ‘n gek lyk nie.
9. Waar’s die naaste toilet? Ek weier om in die parkeer terrein of langs die pad te piepie.
9. Nee, ek bel nie my vriende die tyd van die aand nie.
10. Ek moet nou huistoe gaan. Ek werk môre.

Eksotiese Danseresse

Mike antwoord 'n advertensie in die koerant: "Gewillige werker gesoek. Maklike werk, regverdige betaling." 

"Wel, dis redelik eenvoudig," sê die agent wat die onderhoud met hom voer. "Ons kliënt is 'n klub met eksotiese danseresse, en hulle soek iemand om die meisies tussen vertonings met olie in te smeer." 

Dit klink redelik, dink Mike. 

"Kan jy more in Bloemfontein wees?" vra die agent. 

"Is die klub in Bloemfontein?" wil Mike verbaas weet. 

"Nee, die klub is in Johannesburg," antwoord die agent. "Maar die ry aansoekers trek nou al in Bloemfontein."

Dit is hoe 'n Maandag moet begin!

Dit was alweer naweek en dit is alweer net so vinnig verby!
Soos gewoonlik, het ons alles in oormaat gedoen. Die beloning is ‘n moerse hoofpyn… in oormaat natuurlik!

Nadat ek my voete oor die aarde moes sleep, het die nuwe dag se krag so bietjie-bietjie in my brose liggaam terug gesypel. Koffie is nou die enigste teëgif… sterk, swart koffie. Die son is al vêr bo die horison. Die dag se take lê voor, maar alles in my skop teë.  Maar soos meeste van julle, moet ek ook maar die bul by die horings pak en aanstoot… Vrydag toe! TGIF toe!

Ek kom sit hier voor my desktop, begin deur my emails lees en voila! Een dude het actually ‘n bietjie ordentlikheid. Die ou verstaan Maandae. Dank die vader daarvoor! Mense soos hierdie is skaars! Die man verdien ‘n lekker sterk dop…

Nou het ek sommer weer lus vir die week! Sien sommer kans vir nuwe uitdagings!
En jy dink seker: “Waarvan praat die mens?”
Wel hieronder is die rede vir my goeie gemoed!
As dit nie huppel in jou stap sit nie, is jy definitief self ‘n hot girl! :-D