Wednesday, March 23, 2011

Lag 'n bietjie daar

Ooreenkomste tussen 'n bra en bar? Altwee het dieselfde letters, is drinkplekke, het beperkte oop en toemaak tye en as hulle oop is, raak mans mal.

Definisie van kalorieë: Dis die Klein bliksempies wat snags in jou hangkas kruip en jou klere kleiner maak!

Na 10 jaar van huwelik bars vrou uit in trane "Wat nou?" vra haar man. "Jy's nie meer bedagsaam nie!" snik sy. "Miskien nie, maar ons is darem snags saam!"

 

Die ATKV het beswaar gemaak teen die woord poep. Die nuwe woord is nou Broekhoesie.

Jacob Zuma gaan 'n afbeelding van die landsvlag op alle kondome verpligtend maak. Dit is al manier hoe hy die Boere sover gaan kry om die landsvlag met vreugde te hys!!

Man aan sy vrou: "Met hoeveel ander mans het jy geslaap?" Vrou: "Net met jou my liefie, met al die ander was ek wakker!" en dis hoe die bakleiery begin het.

Ek lees nou net 'n artikel oor die gevare van sjokolade en kaaskoek. Dit het my so ontstel dat ek besluit het om NOOIT weer te lees nie!

Monday, March 14, 2011

Hoekom hou vrouens van jagters?

1.            Jagters het die langste gewere.

2.            Hulle skiet altyd twee keer.

- en die belangrikste -

3.            Jagters eet wat hulle skiet.

 

Thursday, March 10, 2011

Venus vs Mars

Man klim langs sy vrou in die bed:
"Vanaand maak ek jou die gelukkigste vrou in die wêreld"
"Jy's nou simpel, sê sy. Wie gaan jou die tyd van die nag help trek?"


Vrou aan haar man:
" Ek verwag goeie maniere in die bed. Asof ons in 'n restaurant is."
Man klim in die bed en sê:
"Skuus tog dame, sal u asseblief die koek aangee."


Op RSG radio program se hulle om te verhoed om deur die nag krampe
te kry, moet jy aartappel moere in jou bed sit, en daarmee slaap, dan
sal jy nie weer krampe kry nie. `n Ou tannie bel in en sê dit help
nie, sy slaap al dertig jaar met `n ou moer in die bed en sy kry nog
steeds krampe.

Wednesday, March 9, 2011

Kort en Kragtig

Meel: 
Wat is manlik en vroulik van meel?
Mieliemeel en koekmeel.
Wat gebeur as hulle Viagra inkry?
Dan word hulle stuifmeel en bruismeel ." 


Kondome: 
Man: "Ek het my Olimpiese kondome vandag gekry! Vannaand dra ek 'n goue!"
Vrou: "Hoekom dra jy nie die silwer nie, dan kom jy 'n slag tweede!" 


Gatiep en Meraai:
Meraai loop in die straat met 'n baie stywe jean. 
Gatiep: "Meraai, is djy nie bang vi Fauna & Flora nie?"
Meraai: "Never! Hoekom?"
Gatiep: "Omdat djy daai arme parratjie so wurg!" 


Zim:
Die toestand in Zimbabwe verswak so erg dat hulle ystervarke verkoop vir scrap metal .


Brandewyn :
Waarvan word brandewyn gemaak?
Tyres & Panties! As jy dit drink wil jy net spin en spyker! 


Stokstyf: 
Die laaitie kom kaal by die badkamer uitgeloop, alles aan sy lyf is stokstyf.
Om die draai loop hy in sy ma vas. Sy bekyk hom op en af en sê: "Boetie staan net hier ek gaan net gou jou pa en die jumper kabels haal." 
 

Boemerang:
Wat noem jy 'n boemerang wat nie werk nie?
'n F*#&$^%# Stok. 


Laat: 
Wat is die ooreenkoms tussen gebrande roosterbrood en 'n verwagtende vrou?
Met altwee wens jy jy het dit vroeër uitgehaal!  


Vlooi: 
'n Vlooi hardloop by 'n kroeg in, slaan 5 dubbel whisky's weg, hardloop uit spring in die lug, moer op sy bek neer, staan op en skree: O Fok! My hond is gesteel!! 
 
 
Koei: 
Wat maak "Oooooo"?
'n Koei sonder lippe. 


Mot: 
'n Man loop in by 'n tandarts en sê" Kan jy my help asseblief? Ek dink ek is 'n mot?"
"Jy het nie 'n tandarts nodig nie.", sê  die tandarts, "Jy het 'n sielkundige nodig." 
"Ek weet!" sê die man.
"Nou hoekom het jy hier ingestap?" vra die tandarts.
Die lig was aan!", sê  die man.

Medisyne

Die Oom en die Tannie gaan dokter toe : Die Oom vra Viagra .. en die Tannie vra antibiotika. 

Die Dokter vra toe hoekom benodig Tannie dan Antibiotika. 
Die Tannie antwoord toe: “Weet Dokter hoe gevaarlik is 'n geroeste spyker !!!

Net Koos!

Koos van der Merwe werk by 'n Dokter. Die Dr. sou die dag uitstedig wees
en vra toe vir Koos om 'n ogie te hou oor die pasiënte. Die volgende dag
kom die Dr terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het met die
pasiënte. Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dr
vra toe hoe hy hulle gehelp het en hy sê:
Die eerste pasiënt het ingekom met 'n lelike hoes
en toe gee hy vir hom Benelyn vir die hoes.
Die tweede pasiënt het ingekom met 'n vreeslike allergie en toe gee ek
vir hom Allergex.

Die Dr was baie beïndruk en vra wat van die derde een.

Nee, sê Koos daar het 'n dame ingekom, haar kaal uitgetrek en op die
ondersoek tafel gaan lê en vir hom
gesê : "Ek het vier jaar laas 'n man gesien!"
"O hel," sê die Dr "en wat doen jy toe, Koos?"
''Nee," sê Koos, "toe gooi ek vir haar Eyegene in haar oë!"

Tuesday, March 8, 2011

Opstel deur 'n leerling

Die koei is ‘n soogdier. ‘n Koei is orrals. ‘n Koei het ‘n baie fein reik – jy reik hom oor die jele plaas. Agteran die koei sit die stert. Aan die een kant van die stert sit die pint van die stert wat die kwas genoem word en aan die annerkant sit die koei. Die koei gebryk die kwas om die flieje van haar weg te hou anners val hulle innie melk. Vooraan die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei. Die koei is oorgetrek met ‘n beesvel. Onderaan die koei hang die melk. Om die melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit jy onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die melk. As die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is, is die melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg. As dit ‘n ou koei is, is die melk suur. Dit is baie goedkoop om ‘n koei aan te hou want jy gee hom net een keer kos, dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os. Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie. Om os te sê is nie ‘n vloekwoord nie. Verder weet ek niks. Behalwe dat as ‘n koei baie stip na jou kyk, moet jy padgee want dan is dit ‘n bul!

Wednesday, March 2, 2011

Checklist vir ‘n vrek lekker party!


10. Regte plek, strand of huis

9. Fokken baie drank

Sonder drank kan jy nêrens gaan en fokkol doen nie… Dis ‘n feit van die lewe! So maak seker jy het baie drank van brannas tot fokken shooters, onthou jy moet nog deel met ‘n paar los girls, want dan raak hulle net nog losser! Hos ja…!!

8. Effies! ‘n Oorvloed van Effies!

Dudes, dis nou maar so… As jy in vandag se tyd wil spyker moet jy ‘n effie aan hê, dit werk nou maar net so! So trek maar ‘n rubberkie oor jou peester dan weet jy, jy is veilig!

7. Musiek NB

Sonder musiek is jy gefok, van musiek in die kar tot musiek om die girls te kry om bietjie hulle boudjies te swaai…Die regte beats is ‘n moet, so kry vir jou ‘n hele paar befokte cd’s!

6. Geen selfone!

Ouens, dit vat baie maar los daai selfoon by die huis… As jy ‘n girl het, sê hulle het die ding gesteel of vergeet hom net by die huis! Fok tegnologie vir die volgende week of twee! Niemand moet jou kan pla as jy suip of steek nie.. Fuck that, fok die foon weg!

5. Kry die regte “Wingman”

Julle almal weet nou al wat drank aan ‘n ou kan doen, na ‘n paar brannas is elke fokken girl leka en jy sweer jy sal haar vat! Dis tien teen een nog donker ook so dis baie erger as wat jy dink! Kry ‘n wingman wat nie beer goggles kry nie, een wat jou ‘n rating op ‘n girl kan gee! Stel vir julle ‘n rating card op, enige iets bo 5 kan jy vat as jy gesuip is, maar as jy nugter is settle jy nie ‘n fok vir onder ‘n 8 nie… Dis belangrik om dit te onthou, hou jou standaarde nog bietjie hoog anders dink hot girls jy's af.. Loop saam met hot girls en hotter girls kyk vir jou…

4. Kak Papier… Moenie jou onnie gebruik nie!

Ons almal moet, dis menslik… Dis nou nie asof Angelina Jolie of Paris Hilton nie die 'call of nature' kry nie, hulle poep stink ook… Mens kry mos op die snaakste tye en die snaakste plekke die ongelooflike behoefte om nou te moet gaan skuit. Vat maar ‘n paar rolle saam, moet nie jou onnie gebruik nie.. Dit lyk altyd na ‘n goeie idee maar vat eerder 'n paar saam…
Koop sommer van dié hier onder!

3. Rennies! Fok die suntan lotion….

Kyk, jy gaan ‘n hele paar keer rooi brand dat dit voel asof jy gaan explode, veral as jy brannas en coke gooi en vannaand nog ‘n leka BP pie eet.. Dan gaan jy daarvan weet die volgende oggend so maak seker jy het ‘n pakkie Rennies in, dis cheap al werk dit nie vir lank nie.. Dis beter as niks!

2. In case of Emergency!

As jy gesuip is raak jy maklik verlore! Dit voel nie lekker nie en jy gaan nie jou foon by jou he nie, so dis eenvoudig, skryf net op jou arm “Eks verlore, hier's R5 bel asb die nommer”

1. Raak doos dronk en Party klip fokken hard!

Mens kry nie altyd die kans nie, wat beteken almal raak doos dronk wanneer hulle die kans kry, is jags en soek ‘n maatjie om mee te karfoefel en stink vingertjie mee te speel! So kapit flou pappie, moet laat niks jou terug hou nie, nie ‘n girl nie, nie jou ma nie en ook nie jou familie lede nie… Dis jou tyd, jy't hard gewerk, nou is dit suip tyd! Paas op die strand uit, vat ‘n vet girl, doen goed wat jy nog nooit gedoen het nie!
MOET NET NIE GESUIP ROND RY NIE!! Wees veilig en try uit die selle uit bly….

Tuesday, March 1, 2011



6 Mites waaraan mans glo

1. Om na borste te staar, is goed vir jou

Dis die een waaraan die meeste heteroseksuele mans met mag en mening vasklou. Oupas dra dit oor aan hulle seuns en kleinseuns: die geheim van 'n lang en gesonde lewe is om op 'n gereelde grondslag vrouens se borsspleet te beloer. 

Verlede jaar is ons heimlike hoop bevestig toe 'n studie deur Duitse navorsers, onder leiding van gerontoloog, Dr. Karen Weatherby, wetenskaplik bevestig het dat om na vroue se borste te staar byna so goed soos 'n intense oefeningregime is, en 'n man se lewe met tot vyf jaar kan verleng.

Die 5-jaar-studie onder 200 gesonde mans, het getoon dat diegene wat gereeld na boste gestaar het, 'n stadiger rustende polsslag, laer bloeddruk en minder episodes van koronêre slagaarsiektes gehad het.

"Seksuele opwinding laat die hart pomp en verbeter bloedsirkulasie," sê Weatherly. "Ons studie dui aan dat die veroorlowing van hierdie aktiwiteit vir 'n paar minute per dag die risiko van beroerte en hartaanvalle met die helfte verminder."

Helaas was die hele storie toe 'n grootskaalse kullery. Daar was nooit so 'n studie nie en daar is absoluut geen aanduiding dat 'n obsessiewe gestaar na boobs enige gesondheidsvoordele inhou nie. Daar is egter 'n woord vir die ongevraagde beloer van die anatomie van onskuldige omstaanders: objektivering. En dit is nóg cool, nóg gesond! 

2. "Meer van dieselfde" is 'n goeie raad vir babalaas

As jy in die oggend met 'n lekker babbie wakker word, sal 'n bietjie van dít wat jou ellende veroorsaak het jou binne 'n japtrap regruk, of hoe? Miljoene mans glo vas in hierdie "hair of the dog" metode, maar raai wat – dit werk nie!

'n Onlangse studie – hierdie keer 'n betroubare een – deur 'n span van neurowetenskaplikes van die Universiteit van Southampton, dui aan dat algemene alkohol-onttrekkingsimptome inderdaad deur klein dosisse alkohol verlig kan word. Maar hulle werk, wat op klein wurmpies, wie se gedrag baie soortgelyk aan dié van mense is, uitgevoer is, dui ook aan dat hierdie benadering op die lange duur heel moontlik tot verhoogde alkoholafhanklikheid sal lei.

Alkohol is die ding wat aanvanklik jou hoofpyn veroorsaak het. So, tensy jy beplan om onbepaald dronk te bly, sal 'n gedrinkery in die oggend net jou babalaas uitstel.

3. Gereelde skeer veroorsaak 'n growwer, donkerder en dikker baard

Omdat hare die naaste aan die vel dikker is as aan die punt, voel 'n stoppelbaard miskien aanvanklik effens growwer en dikker nadat jy geskeer het en omdat dit nog nie soveel aan die son blootgestel is nie, mag dit effens donkerder lyk. Die feit is egter dat skeer haargroei geensins beïnvloed nie. Dit sal teen dieselfde spoed en met dieselfde dikte en ruigheid teruggroei, maak nie saak hoe gereeld jy skeer nie.

En terwyl ons oor haar-mites praat, haarverlies kom nie net van jou ma se kant van die familie nie. Dit is geneties en kan van óf moederskant óf vaderskant kom.

4. Alleenlopers kry meer seks

Dis die een ding wat lank-in-die-tand vrygeselle met playboy illusies hulself probeer wysmaak. Daar is helaas geen oortuigende bewyse dat getroude mans of mans wat in 'n verhouding is meer "plesiertjies" in die lewe as hulle vrygesel-vriende geniet nie.

'n Studie wat in 2006 in die Britse mediese joernaal The Lancet, gepubliseer is en wat data van 59 lande oor 'n tydperk van 10 jaar geanaliseer het, het gevind dat getroude mense meer gereeld seksuele aktiwiteit geniet as vrygeselle. In dieselfde jaar het 'n opname deur die VS se Nasionale Opinie Navorsingsentrum onthul dat getroude mans tussen 28 en 400% meer seks het as oujongkêrels, en dat getroude mans meer orale seks gee én ontvang as alleenlopers.

5. Die breek van die seël

Ons het almal al op een of ander stadium aan hierdie mite geglo. Die idee is dat jy gedurende 'n strawwe drinksessie op 'n punt kom – bv. op 'n partytjie – wanneer jy vir die eerste keer moet urineer en dat jy dan, nadat jy daardie seël gebreek het, daarna elke tien minute moet hardloop. Wees verseker dat daar geen so 'n magiese seël is nie, net 'n doodgewone, wetenskaplike verduideliking wat sin maak.

Drank verhoog jou alkoholvlak. Alkohol in die bloed onderdruk die produksie van die hormoon in jou brein wat die anti-diuretiese hormoon (ADH) genoem word, wat jou liggaam help om water te behou en urine-produksie beheer. Sodra jy genoeg gedrink het om jou blaas te vul, moet jy urineer, maar omdat jou bloedalkohol-vlakke hoog is en jou ADH-vlakke laag, hou jou liggaam aan om meer urine te genereer in plaas daarvan om die water te behou, en dít lei daartoe dat jy meer gereeld 'n draai moet gaan loop.

6. Mans dink elke sewe sekondes aan seks

Dit is 'n absoluut kunsmatige statistiek wat deur diegene onder ons wat seks op die brein het, versprei word. Dit is 'n moeilike veronderstelling om ordentlik te bestudeer, maar dit is beslis 'n reuse oordrywing.

Volgens die Kinsey Institute is dit wél waar dat party mans dwarsdeur die dag oor seks fantaseer, terwyl 54% van ons mans ten minste een keer per dag, 43% 'n paar keer per week of maand en net 4% een keer per maand of minder, aan seks dink.