Wednesday, March 23, 2011

Lag 'n bietjie daar

Ooreenkomste tussen 'n bra en bar? Altwee het dieselfde letters, is drinkplekke, het beperkte oop en toemaak tye en as hulle oop is, raak mans mal.

Definisie van kalorieƫ: Dis die Klein bliksempies wat snags in jou hangkas kruip en jou klere kleiner maak!

Na 10 jaar van huwelik bars vrou uit in trane "Wat nou?" vra haar man. "Jy's nie meer bedagsaam nie!" snik sy. "Miskien nie, maar ons is darem snags saam!"

 

Die ATKV het beswaar gemaak teen die woord poep. Die nuwe woord is nou Broekhoesie.

Jacob Zuma gaan 'n afbeelding van die landsvlag op alle kondome verpligtend maak. Dit is al manier hoe hy die Boere sover gaan kry om die landsvlag met vreugde te hys!!

Man aan sy vrou: "Met hoeveel ander mans het jy geslaap?" Vrou: "Net met jou my liefie, met al die ander was ek wakker!" en dis hoe die bakleiery begin het.

Ek lees nou net 'n artikel oor die gevare van sjokolade en kaaskoek. Dit het my so ontstel dat ek besluit het om NOOIT weer te lees nie!