Wednesday, March 2, 2011

Checklist vir ‘n vrek lekker party!


10. Regte plek, strand of huis

9. Fokken baie drank

Sonder drank kan jy nêrens gaan en fokkol doen nie… Dis ‘n feit van die lewe! So maak seker jy het baie drank van brannas tot fokken shooters, onthou jy moet nog deel met ‘n paar los girls, want dan raak hulle net nog losser! Hos ja…!!

8. Effies! ‘n Oorvloed van Effies!

Dudes, dis nou maar so… As jy in vandag se tyd wil spyker moet jy ‘n effie aan hê, dit werk nou maar net so! So trek maar ‘n rubberkie oor jou peester dan weet jy, jy is veilig!

7. Musiek NB

Sonder musiek is jy gefok, van musiek in die kar tot musiek om die girls te kry om bietjie hulle boudjies te swaai…Die regte beats is ‘n moet, so kry vir jou ‘n hele paar befokte cd’s!

6. Geen selfone!

Ouens, dit vat baie maar los daai selfoon by die huis… As jy ‘n girl het, sê hulle het die ding gesteel of vergeet hom net by die huis! Fok tegnologie vir die volgende week of twee! Niemand moet jou kan pla as jy suip of steek nie.. Fuck that, fok die foon weg!

5. Kry die regte “Wingman”

Julle almal weet nou al wat drank aan ‘n ou kan doen, na ‘n paar brannas is elke fokken girl leka en jy sweer jy sal haar vat! Dis tien teen een nog donker ook so dis baie erger as wat jy dink! Kry ‘n wingman wat nie beer goggles kry nie, een wat jou ‘n rating op ‘n girl kan gee! Stel vir julle ‘n rating card op, enige iets bo 5 kan jy vat as jy gesuip is, maar as jy nugter is settle jy nie ‘n fok vir onder ‘n 8 nie… Dis belangrik om dit te onthou, hou jou standaarde nog bietjie hoog anders dink hot girls jy's af.. Loop saam met hot girls en hotter girls kyk vir jou…

4. Kak Papier… Moenie jou onnie gebruik nie!

Ons almal moet, dis menslik… Dis nou nie asof Angelina Jolie of Paris Hilton nie die 'call of nature' kry nie, hulle poep stink ook… Mens kry mos op die snaakste tye en die snaakste plekke die ongelooflike behoefte om nou te moet gaan skuit. Vat maar ‘n paar rolle saam, moet nie jou onnie gebruik nie.. Dit lyk altyd na ‘n goeie idee maar vat eerder 'n paar saam…
Koop sommer van dié hier onder!

3. Rennies! Fok die suntan lotion….

Kyk, jy gaan ‘n hele paar keer rooi brand dat dit voel asof jy gaan explode, veral as jy brannas en coke gooi en vannaand nog ‘n leka BP pie eet.. Dan gaan jy daarvan weet die volgende oggend so maak seker jy het ‘n pakkie Rennies in, dis cheap al werk dit nie vir lank nie.. Dis beter as niks!

2. In case of Emergency!

As jy gesuip is raak jy maklik verlore! Dit voel nie lekker nie en jy gaan nie jou foon by jou he nie, so dis eenvoudig, skryf net op jou arm “Eks verlore, hier's R5 bel asb die nommer”

1. Raak doos dronk en Party klip fokken hard!

Mens kry nie altyd die kans nie, wat beteken almal raak doos dronk wanneer hulle die kans kry, is jags en soek ‘n maatjie om mee te karfoefel en stink vingertjie mee te speel! So kapit flou pappie, moet laat niks jou terug hou nie, nie ‘n girl nie, nie jou ma nie en ook nie jou familie lede nie… Dis jou tyd, jy't hard gewerk, nou is dit suip tyd! Paas op die strand uit, vat ‘n vet girl, doen goed wat jy nog nooit gedoen het nie!
MOET NET NIE GESUIP ROND RY NIE!! Wees veilig en try uit die selle uit bly….