Wednesday, March 9, 2011

Net Koos!

Koos van der Merwe werk by 'n Dokter. Die Dr. sou die dag uitstedig wees
en vra toe vir Koos om 'n ogie te hou oor die pasiënte. Die volgende dag
kom die Dr terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het met die
pasiënte. Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dr
vra toe hoe hy hulle gehelp het en hy sê:
Die eerste pasiënt het ingekom met 'n lelike hoes
en toe gee hy vir hom Benelyn vir die hoes.
Die tweede pasiënt het ingekom met 'n vreeslike allergie en toe gee ek
vir hom Allergex.

Die Dr was baie beïndruk en vra wat van die derde een.

Nee, sê Koos daar het 'n dame ingekom, haar kaal uitgetrek en op die
ondersoek tafel gaan lê en vir hom
gesê : "Ek het vier jaar laas 'n man gesien!"
"O hel," sê die Dr "en wat doen jy toe, Koos?"
''Nee," sê Koos, "toe gooi ek vir haar Eyegene in haar oë!"