Monday, February 21, 2011

Dit is hoe 'n Maandag moet begin!

Dit was alweer naweek en dit is alweer net so vinnig verby!
Soos gewoonlik, het ons alles in oormaat gedoen. Die beloning is ‘n moerse hoofpyn… in oormaat natuurlik!

Nadat ek my voete oor die aarde moes sleep, het die nuwe dag se krag so bietjie-bietjie in my brose liggaam terug gesypel. Koffie is nou die enigste teëgif… sterk, swart koffie. Die son is al vêr bo die horison. Die dag se take lê voor, maar alles in my skop teë.  Maar soos meeste van julle, moet ek ook maar die bul by die horings pak en aanstoot… Vrydag toe! TGIF toe!

Ek kom sit hier voor my desktop, begin deur my emails lees en voila! Een dude het actually ‘n bietjie ordentlikheid. Die ou verstaan Maandae. Dank die vader daarvoor! Mense soos hierdie is skaars! Die man verdien ‘n lekker sterk dop…

Nou het ek sommer weer lus vir die week! Sien sommer kans vir nuwe uitdagings!
En jy dink seker: “Waarvan praat die mens?”
Wel hieronder is die rede vir my goeie gemoed!
As dit nie huppel in jou stap sit nie, is jy definitief self ‘n hot girl! :-D