Vir 'n lang tyd kom Koos nie in die bar nie en almal wonder wat het van Koos geword.
Eendag stap hy daar in en Naas, die barman, vra vir hom, nou waar hy al hierdie tyd was?
Nee sê hy, hy het logika gaan studeer.
Logika? Vra Naas. Nou hoe werk dit?
Nee, dis maklik sê Koos. Het jy 'n vistenk?
Ja, sê Naas.
Nou-ja, as jy 'n vistenk het is jy mos lief vir diere.
As jy lief is vir diere is jy lief vir mense.
As jy lief is vir mense is jy mos lief vir vrouens.
Dan trou jy mos en dan het jy mos kinders.
Ja? Vra Naas.
Sien, dit is mos logika, sê Koos. Hy drink sy dop en loop.
Hier kom Piet en Naas vertel vir hom dat Koos weer daar was en dat hy logika gaan studeer het.
Wat is dit? Vra Piet.
Man, laat ek dit nou so vir jou verduidelik:
Het jy 'n vistenk?
Nee!!
Maar dan is jy mos 'n moffie?